|
Die Bateleur-arend is deel van die
slangarende in ons land. Die naam Bateleur is afkomstig van 'n Franse
woord vir heen-en-weer sweef soos n sweefstokloper op 'n draad.
Die Bateleur is die maklikste eienbare arend van ons streek. Die swart,
wit en kastaiing verekleed saam met diagnostiese vlerkvorm en baie kort
stert maak die voël onmiskenbaar. Vliegaksie is ook diagnosties: lang
vlerke word teen effense hoek gehou en selde geklap in 'n direkte vlug
terwyl die voël heen en weer kantel.
Mannetjies het 'n breë swart agterrand
aan vlerk terwyl die wyfies 'n smal rand het. Jong voëls is bruin.
Habitat. Savanna. Status: Standvoël. Roep: 'n Harde kow-wah-blaf.
Terathopuis ecaudatus. |